Ek is nie altyd reg nie en dis ook OK

Ek het, voordat ek die twaalf stap program gevind het, my lewe eintlik gelewe asof ek – en meestal ek alleen – reg het. Ek het nie agter gekom dat my familie en vriende al stiller geword het – of selfs verdwyn het of tyd saam met my vermy het as gevolg van my houding dat ek altyd reg moes wees nie. Ek het nie agtergekom hoe ander mense taan in selfvertroue as hulle te veel tyd rondom my spandeer het omdat daar eenvoudig nie plek was vir ander se idees en opinies nie. Dit was vir my eenvoudig net makliker om te fokus op verskille,  dit waarmee ek nie saamstem nie of dit wat net nie reg of regverdig was nie.

Vandag weet ek dat, in enige verhouding, ons slegs ons opinies, idees en verskille met mekaar hoef te deel, te kommunikeer en te verstaan. Dit is nie nodig dat ons hoef saam te stem nie. Dit is nie eers nodig dat iemand reg hoef te wees nie. Dit geld vir intieme verhoudings, ouer-kind verhoudings en vriendskappe ook glo ek. As ek nie na iemand anders kan luister of ten minste hulle oogpunt probeer verstaan nie verloor ek ‘n geleentheid om te leer en te groei. Al wat ek hoef te sê is: “Haai dit is ‘n ander manier om die saak te sien!”

Ongeag die feit dat ek gelukkig alles geweet het en altyd reg was het ek op die punt gekom wat ek moes toegee dat my lewe in totale chaos verval het. Ek het by Al-Anon aangesluit en by die eerste vergadering opgedaag gedagtig dat ek nou gaan leer hoe om die alkoholis / verslaafdes in my lewe te “fix” in ‘n paar maklike stappe. Die laaste ding wat ek wou hoor is dat my houding (attitude) ‘n probleem was! Min sou ek weet dat ek jare later by dieselfde vergadering sou kon instap – maar heellaas ‘n baie beter mens as die eerste keer.

Ek moes ‘n hele nuwe denkwyse en leefwyse aanleer. Ek het dit gedoen deur ‘n sponsor (mentor) te kry, die twaalf stappe deur te werk en die Al-Anon litteratuur te lees en bestudeer. Ek het ook gereeld vergederings bygewoon, soms gelei en as ek kon saamtrekke bygewoon.

Dit klink dalk vir jou vergesog maar dit was die enigste en beste weg vir my. Al-Anon het my geleer om eerder te fokus op die goeie in elke dag, op dinge wat ek met ander in gemeen het en dat ek so kan voortbeweeg en groei as mens en in my verhouding met my God / Higher Power. Deurdat ek deur die program gewerk het het ek uitegevind hoe om saam te leef met my lewe, my verlede, my familie en ervarings.

Ek het geleer dat ek nie kan beheer wat ander sê, doen of nie doen nie maar eerder dat ek my energie net kan fokus op dit wat ek doen. Dat ek alleen die keuse het oor hoe ek iemand anders se woorde en dade ervaar of hoe ek daarop reageer.  En dalk die heel belangrikste dat ek en ek alleen in beheer is van my eie emosies en gevoelens.

Ek het geleer en ervaar dat daar soveel ander mense met soveel erger probleme as ekself is. Ek het geleer om na my eie emosionele en fisiese gesondheid om te sien. Ek het geleer dat as ek altyd doen wat ek in die verlede sou doen ek nie nuwe of beter resultate kan verwag nie. Ek het nuwe perspektief gekry wat weer hoop en vreugde in my lewe gebring het.

So nee – ek het toe nie geleer hoe om die alkoholis / verslaafde te “fix in 3 easy steps”nie. Ek het na al die jare nog steeds net so min invloed op wat ander mense sê of doen. Tog is ek trots om te kan sê dat ek vandag, ses jaar nadat ek by my eerste Al Anon meeting ingestap het, daaraan werk om ‘n beter mens te wees. Dat ek elke dag leer en groei en besig is om iemand te word waarop ek regtig trots kan wees. Nie iemand wat alles weet en altyd reg is nie maar ‘n deurdagte mens met empatie, respek en liefde vir ander.  Iemand wat braaf genoeg is om verantwoordelikheid vir my eie lewe en keuses te vat. Iemand wat nie in ‘n natgehuilde hopie kromgetrek sit nie maar iemand wat hoopvol is en meer dikwels vreugde ervaar.

Jip, jy gaan nie altyd met my saamstem nie, ek gaan verseker nie altyd dink dat jy reg of regverdig is nie maar nou kan ons voortgaan en groei – want ek is ‘n beter mens.

Jammer

118308070_10159012877382650_8764815638949277090_o

Ek wens ek kan ophou jammer sê. As ek net kan stilsit en kalmeer en redelik wees weet ek ek het nog altyd my beste gedoen met wat ek kon.

Die punt is, as mens so bietjie lees oor die siekte van verslawing (ongeag of dit drank of dwelms of ander geite is), die oogmerk van hierdie siekte is eenvoudig die dood. ‘n Goeie vriend wat meer as 20 jaar sober was na ‘n verwoestende lewe van verslawing het self gesê dat verslawing bloot selfmoord op paaiemente is.

Gister sou my oorlede man se verjaarsdag gewees het.  En ek kyk gisteraand die fliek “A star is born.” Hoofsaaklik oor hoe alkoholisme en verslawing ‘n intelligente deernisvolle man se lewe ruineer en hoe sy vrou, wat hom oneindig liefhet, op die kantlyn staan en toekyk. Die film is gebaseer op ‘n ware verhaal. En regtig? Wie van ons kan eerlik sê ons ken nie so ‘n ware verhaal oor hierdie siekte wat mense se hoop, liefde en lewens steel nie?

Nogtans huil ek gister snot en trane. Ek huil vir al die kere wat hierdie siekte my hart so stukkend gebreek het.  Ek huil oor al die drome wat in skerwe agtergelaat is. Ek huil oor hoe hierdie siekte dit reggekry het om soveel dood te veroorsaak – ook binne in my, my eie hoop en liefde dood te maak. Ek huil omdat ek bitter skaam is om te erken dat ekself soveel skade gely het in my hart en siel van hierdie siekte. Ek huil oor die hele magteloosheid van die toeskouers van hierdie siekte. Ek snik omdat my hoop en liefde nie groot en sterk genoeg was nie.

Dit is juis nou in Augustus ses jaar wat ek die pad van recovery op die 12 stap program stap. Nogtans, ‘n mens vergeet nie mense of trauma of pyn so maklik nie. Almal het hulle eie tyd nodig. Almal van ons moet ons eie padjie stap.

101834124_3285061064888461_1611188807078510592_n

Ses jaar terug, toe ek nog deur elke Al-Anon meeting gehuil het het ek vasgehou aan hierdie woorde waarmee die byeenkomste afgesluit was : “there is no situation too difficult to be bettered and there is no unhappiness too great to be lessened.” Vyf jaar terug het ek dit teen my stoepmuur geverf. Ek sal hieraan bly vashou tot my dood toe – ek lewe nog. Ongeag alles lewe ek vandag my beste lewe wat ek kan. Ek hoop weer. Ek glo nog. Ek is ‘n wandelende bewysstuk dat hierdie siekte nie alles doodmaak nie – we do recover en selfs families kan weer heel word en beter word.

Life on life’s terms

blue life

Ek hou van die Twaalf Stap program se “slogans”. Oor die afgelope vyf jaar het ek baie daarvan aangeleer. Dit is almal baie kort en kragtig maar het eintlik baie meer om die lyf as wat dit op die oog af lyk. Omdat dit so kort is is dit maklik om te onthou en in my gedagtes amper soos boekmerkies wat my herinner en terugbring in my recovery proses.

Ek het al baie geskryf oor “One day at a time”. Dit is ‘n feit soos ‘n olifant (voel vir my bietjie groter and ernstiger as ‘n koei!) dat ongeag hoe volgelaai my dae is of hoeveel spanning of ongelukkigheid dit mee belaai kan wees, elke dag kan net aankom teen ‘n tempo van 24 uur per dag.  Elke uur kan net hanteer word teen 60 minute per uur en elke minuut teen 60 sekondes. Dit is dit. Niks meer of minder nie. Ek hoef net vir vandag uit te hou, aan te hou en hoop te hou. Ek hoef net vir vandag beter te probeer doen. Ek hoef net vir vandag na my eie welsyn om te sien. En as enige iets verkeerd loop in my lewe, kop of beplanning hoef ek nie die kind met die badwater uit te gooi nie – ek het net vir vandag die spoor verloor – more is ‘n nuwe dag en kan ek weer, net vir een dag op ‘n slag beter doen omdat ek beter weet.

“Life on life’s terms” is nogal enetjie wat ek vir lank gedink het eintlik net vir die verslaafde of alkoholis geld. Aan die begin het dit so bietjie soos nonsens geklink maar in daardie vyf woorde is ‘n nuwe lewensuitkyk saamgevat wat dit vir ‘n alkoholis of verslaafde persoon kan moontlik maak om menige probleme in die oë te kyk en te leer om die lewe eenvoudig te aanvaar vir wat dit is.

Dit is wetenskaplik bewys dat daar ‘n groter verband tussen trauma (Veral as kind / tiener) is en verslawing as wat die verband tussen vetsug en tipe 2 diabetis is. Die verslaafde persoon kan nie die realiteit van hul lewe aanvaar nie, dit is nie regverdig nie bv ‘n baba- boetie is deur die gesin se huishulp vermoor wat die hele gesin se dinamiek verander het, ‘n geliefde is oorlede, ‘n wederhelfte is ontrou of wil skei maar die verslaafde wil nie skei nie, die verslaafde was vasgekeer in ‘n brand op skool en erg vermink, die verslaafde is deur ‘n stiefouer aangerand of verkrag, die verslaafde is ‘n sagte kreatiewe siel wat glad nie in die “rat race” inpas nie. Al hierdie, en nog baie ander, is regte voorbeelde wat ek al uit recovering verslaafdes se eie monde aangehoor het.

FB_IMG_1547454158421

Die verslaafde hou dus nie van die realiteit van hul eie lewe nie en wou dinge anders gehad het. ‘n Baie effektiewe ontvlugting is om alkohol of dwelms te gebruik. Wanneer ‘n verslaafde die 12 stap program begin volg kan hulle vir die eerste keer realiteit in die oë kyk sonder alkohol of dwelms om die hoeke te versag. So begin die nuwe pad om te leer hoe om die lewe op sy terme te lewe. Hiermee saam kom natuurlik die realiteit dat geen mens alles in hul lewe kan beheer nie en die van ons met ‘n geskiedenis, wonde en letsels van watter aard ookal het nog minder kans om hul eie lewens te beheer en behoorlik of effektief te bestuur. Dan die grootste en nodigste deurbraak besef in die hele 12 stap program – die aanvaarding dat ek nie kan nie maar dat daar wel Iemand / iets groter as ekself is wat wel kan en die oorgawe – Let go and let God. (Ook ‘n 12 stap slogan.)

Aan die begin is dit maklik, recovery is “nuut” en daar is ‘n emosionele “hype.” Baie verslaafdes leer die program terwyl hulle in ‘n rehabilitasiesentrum woon, weg van spitsverkeer, lang vergaderings, werksdruk, babadoeke ens. Maar die lewe skuld ons niks, die lewe is wat dit is en ons lewe dit soos dit is. Die lewe het opdraendes en afdraendes en min van ons kan beheer wat oor ons pad kom. Wanneer ‘n verslaafde persoon weer terug is in die samelewing en met soms allerdaagse dingetjies soos werksdruk en familie probleempies moet sukkel of nog erger groot krisisse moet hanteer soos motorongelukke of ernstige siektes en gefaalde verhoudings, raak dinge moeilik. Die ou gedagtelyne wat jare lank ingeoefen is kan oorvat – hierdie is nie regverdig nie (Dikwels is dit nie maar slegte goed gebeur elke dag met goeie mense.) – ek wil dit nie so gehad het nie – ek wil nie hierdie spanning en emosies ervaar nie en die risiko is groot dat so persoon terugval op die gebruik van dwelms of alkohol.

Dit is waar ek besef het hoe hierdie slogan ook op die familie van ‘n verslaafde van toepassing is. My dogter was net 10 dae skoon van heroine toe haar pa oorlede was na ‘n week lange erge lyding. Wat ek bygedra het, deur haar hele lewe was om haar te beskerm daarteen om die lewe op sy terme te lewe. Ek het haar jammer gekry omdat haar pa blind was en sy as enigste kind hom dikwels moes help met dingetjies wat ander kinders nooit sou hoef te doen nie. Ek het skuldig gevoel omdat sy ‘n enigste kind was, omdat ek lang ure ver van my huis af gewerk het en nooit betrokke kon wees by haar lewe soveel soos ek graag sou wou nie. Hoe het ek dit gedoen? Wel as sy haar biologie boek by die huis vergeet het, het ek vermy dat sy die gevolge van haar eie keuses hoef te dra deur te reël dat my man se motorbestuurder dit vir haar skool toe neem, as sy iets omgestamp het het ek gesê “toemaar dis net ‘n glipsie, ek sal gou skoonmaak, moenie sleg voel nie.” En hoeveel kere het die hele familie nie op eiers om haar beweeg in haar moeilikste tye om konflik en konfrontasie te probeer vermy nie, selfs al was haar attitude en handelinge dikwels heeltemal onaanvaarbaar. Ek het vir jare my dogter “beskerm” van realiteit. Ek het vermy dat sy emosies en gevoelens ervaar wat vir haar sleg of FB_IMG_1540109875716(1)spanningsvol sou wees, omdat ek baie lief is vir haar maar in die proses het ek in die pad daarvan gestaan dat sy kon leer om die lewe op sy terme te leef en te aanvaar.

Ek, wat so maklik so baie lief kan raak vir mense wat swaarkry moet aan my kant van die straat vee en besef dat ek so maklik en dikwels dit my persoonlike verantwoordelikheid maak om ander te probeer “fix.” Al wat hulle moet doen is om by my planne in te val.  Die probleem is, my planne kan nie werk wanneer dit toegepas word op ander mense se lewens nie. Ek kan net myself weer herinner om te “Let Go and Let God.” En te weet dat ek geen invloed of beheer het oor enige ander mens se lewe en keuses behalwe my eie nie.

Step 1: We admitted we were powerless over adiction—that our lives had become unmanageable.

Op 5 Maart vanjaar, ‘n paar dae na my eerste besoek aan Nederland, sou my dogter twee jaar en 10 maande skoon gewees het.  Sou.  Want sy het aan my erken dat sy die vorige naweek cat gebruik het.  Soortgelyk aan kokaine wat gesnuif word.

Ek weet nie eintlik wat om te sê nie.  Wens ek kon met mooi fotos van haar suksesse spog.  Wens ek kon minder van ‘n mislukking voel.  …wens die knaende vrees dat ek my kind gaan begrawe was nie terug nie maar dit is seker maar net wat dit is.  …niks meer nie, niks minder nie.

Ek wil dit nie julle probleem maak nie – ons het almal heeltemal genoeg van ons eie.  Ek het vir jare die chaos in ons lewens probeer verduidelik, wegpraat en wegsteek – ek weet dit help niemand niks nie, ek moet eerder net eerlik wees.  Die Vader weet dit is nie vir my maklik om hier te skryf nie.  Ek wat altyd so preek vir een en almal wat wil hoor – en die wat nie wil hoor nie – “Nee jy het dit nie veroorsaak nie, jy kan dit nie keer of genees nie!” – maar nou is ek verskriklik skaam. Eintlik is die Engelse woord shameful ‘n beter beskrywing.  Ek is terug in my donker gat maar hierdie keer het ek nie woorde of verduidelikings nie.

Daar is ook die nuwe onsekerheid.  Ek was so seker dat die 12 stap recovery die antwoord is.  Geglo dat al werk dit nie vir haar nie dat dit my herstelproses sou kon volhou.  Skielik weet ek nie.  Ongeag alles wat ek lees en weet voel dit asof my hele wêreld se bodem uitgeval het!  Dalk is dit soos gelowe en dieëte. Ek weet daar is mense waarvoor dit werk maar uit harde ondervinding weet ek ook dat ek nie een van hulle is nie.  Wat as recovery ook nie vir my is nie?!

Interessant dat juis my verhouding met my ma die rede was waarom ek terug is meetings toe. (Al – Anon : Ondersteuningsgroep vir familielede van verslaafdes en alkoholiste.)  Ek het geen emosionele konneksie of verhouding met my ma gehad nie,  Sy, as volwasse kind van twee alkoholiste, kon glad nie emosioneel met mense ‘n aansluiting vind nie, nie eers haar eie kinders nie.  Deesdae is sy een van my beste vriende en ek spandeer graag tyd saam met haar.  Dit is nie iets wat ek myself kan verbeel nie!

DSC_1094

Wel ek kan nie vir altyd bly huil nie.  Ek sal een of ander tyd moet besluit wat ek gaan doen.

Dag 1.  Stap 1.  Dit is al wat ek weet.  Ek kan nie self uit hierdie gat uit nie.  Ek het geen beheer oor verslawing of alkoholisme nie. Dit is nie lekker of maklik om weer te begin opklim nie maar die alternatief is nie ‘n opsie nie.

addiction-recovery-steps

Die Hollandse meesters

Tydens my besoek aan Nederland het ek die Hermitage Kuns museum besoek waar ‘n spesiale uitstalling van die ou meesters was.  Die Hermitage is natuurlik in Rusland – die een in Amsterdam is ‘n tak van die Russiese museum.  Die Russiese tsar, Peter the Great, het Nederland in 1697-1698 besoek omdat hy geglo het dat die Hollanders die beste skeepsbouers ter wêreld was en het homself ingeskryf as leerling skeepsbouer.  Die Hermitage in Amsterdam is ‘n latere uitloopsel van die goeie samewerking tussen die twee lande en die versameling wat die museum oor beskik slaan ‘n mens se asem weg.

Die skilderye van die Hollandse meesters is saamgestel uit ‘n verskeidenheid van versamelinge van dwarsoor die hele wêreld.  Dit was natuurlik ekstra spesiaal om dit in Amsterdam te belewe.

Die gebou self is ook ‘n belewenis.  Daar is tekens van die lente wat wil kop uitsteek in die tuine.  In die ingangsportaal gooi ‘n groot gekleurde glasvenster ‘n weerkaatsing teen die muur wat opsigself ‘n wonderlike kunswerk is.

 

Die detail, kleur en gebruik van lig in die skilderye is onmoontlik om in woorde te beskrywe.  Dink daaraan dat hierdie werke eeue oud is!  Daar was nie goed soos metaalverf beskikbaar nie maar die kunstenaars gebruik kleure, lig en fyn detail so meesterlik dat mens die ketting van die horlosie kan sien blink.  Mens kan die verskil tussen satyn, kant en fluweel duidelik sien.

Van die skilderye het heelwat karakters in maar die skilders het ontsaglik baie moeite gedoen om elke liewe neus, ken en gesig uniek te skilder.  Hierdie werke het my laat besef waarom die skilders van die era die “meesters” genoem word en heeltemal tereg ook!

 

My gunsteling was defnitief hierdie werk van Paulus Potter moontlik in 1647 geskilder.  Dit lyk heel anders as al die ander werke – meer soos ‘n plakkaat as ‘n skildery.  Daar is baie verskillende panele waarin die jagter (en ook die honde wat hom help jag) sy mosie teëkom.  In die middelste paneel is koning leeu die regter en ‘n groot bruin beer die hofordonans.  Dit was ook vir my interessant in hoeveel detail die skilder die diere uit Afrika kon uitbeeld.  Die boonste regterkanste paneel lyk meer kleurvol as die res – kunskenners dink dat die skilder sy leerling toegelaat het om daardie blokkie te skilder.  Wie sou kon raai dat daar ook vegters vir diereregte tussen die groot meesters was!?

Daar is 9 miljoen fietse in Beijing – hoeveel in Amsterdam?

Ek was gelukkig om vir werk Nederland toe te kon reis en het eers ‘n vyf dag vakansietjie in Amsterdam ingewerk.

Daar is ‘n paar dinge wat my heeltemal stomgeslaan het op my eerste besoek aan Nederland.

1. Die ongelooflike aantal mense wat fietsry en hoe die stede ontwerp word met die fietryers se veiligheid ingedagte.

2. Outomatiese orde en verantwoordelikheid.  Mense doen wat hulle behoort te doen sonder om opgepas te word!

3. Daar is kuns oral – sommer op die sypaadjies, teen geboue en brue en talle kunsgallerye en museums.

4. Die openbare vervoerstelsel is in een woord ‘n wonderwerk.  Die treine, busse en trems is waar hulle beweer hulle gaan wees op die tye wat hulle beweer hulle daar gaan wees.

5. Daar is net nie enige slegte koffie in die hele Nederland nie!

 

Fietsfeite:

Jaarliks word omtrent 150 000 fietse gesteel in Amsterdam.

Die stadsraad bou tans nog 50 000 ondergrondse fietsparkerings.

Gemiddeld, op ‘n gewone werksdag in Amsterdam, word 650 000 fietsritte gemaak.

Amsterdam het ‘n tekort van ten minste 15% aan fietsparkering.

Sedert middel 1970’s word geen motorvoertuie (behalwe operbare busse en aflewerings) in die middestad van Gronginen toegelaat nie – slegs fietse en voetgangers!

As jy jou fiets tussen duisende moet gaan uithaal moet jy plannetjies maak om dit te laat uitstaan!

 

Jy kan selfs jou hond saamneem as jy fiets, of jou kinders snoesig in ‘n bakkie met ‘n reënjassie oor vir die reën, wind en koue.  Studente ry fiets, jong mense, ou mense, professors en by ‘n kongres waar die minister van justisie ‘n toespraak gemaak het, het hy opgedaag met sy fiets – geen duitse motors, geen blou ligte!

Die stede en dorpe het fietsbane en fietse hoef nie op dieselfde paaie as die motovoertuie te beweeg nie.  FIetsryers is deur die bank haastig, dra nie helmets nie en as jy nie mooi kyk wanneer jy ‘n pad oorsteek nie sal hulle jou maklik onderstebo ry!

 

 

Die dodelike leuen

11116469_910520142324560_1400299320492993246_nDEADLY LIE: A LETTER FROM HEROIN

I came upon you young & strong
Don’t worry son, it won’t take long
Just try me once and you will see
There’s nothing out there quite like me
I’ll make you soar, I’ll make you fly
I’ll teach you the true meaning of high
Just five bucks, just try one cap
Now you’ve entered my deadly trap
Up your nose or in your vein
I’ve driven stronger men than you insane

 

Taste me, try me & you will find
That very soon I’ll control your mind
You’ll want to stop, you’ll want to quit
But you’ll come back for one more hit
Now try to stop and you’ll be sick
Therein lies my lethal trick
And once you’re dangling on the string
I can make you do most anything
You’ll cheat & steal, grift & lie
Just to chase one more high

Call up my boys day or night
They’ll make sure to get you right
Which one you call, I don’t care

You can find me anywhere
On every street, in every town
Don’t worry none, I’m always around

I’ve got your mind & next your heart
You’ll love me then, never to depart
I’ve got you now, you’re in the hole
Don’t worry child I own your soul
Your family can keep your body for a while
But only when I’m around, they’ll see you smile
You’ll think you’re happy, I’ll keep you well
Just an FYI, I come from hell
To take your freedom and wreck your life
You feed me with your pain, sorrow & strife
I eat all day, but never get my fill
And like your addiction, I never will

Shove me in your body, I’m good I swear
I hope you don’t find out that I don’t care
Just one more shot to satisfy your crave
One day that needle will lead to your grave
As you lay six feet in the ground
I want you to know, I won’t be around
I left right after I watched you die
Just one more victim to my deadly lie


Written By: Steven Hallman

 

Ekself was erg naief oor die beskikbaarheid van harde dwelms.  Ons bly immers op die platteland.

Gedurende die tyd wat ek besluit het om my dogter dag en nag op te pas het sy een dag in die bestek van 20 minute haar selfoon geruil vir heroin.  Ek was woedend en het aangedring dat sy in my kar klim en my wys waar sy die dwelms so vinnig gekry het.  In ‘n bestek van twee blokke vanaf ons huis het sy vir my drie dwelmhandelaars uitgewys wat rondstaan en wag vir besigheid.

Daarna het ek my oë oopgemaak en selfs eendag wat ek met my honde gaan stap het, het twee motors langs my gestop.  Die jong man in die bakkie het non-chalant geld deur sy venster aangegee en die swart man in die gehawende hatchback het ‘n wit sakkie teruggeskuif.  Helder oordag en reg langs mense en verkeer.

Ek het deur die GPF kontak gemaak met die SAPD maar die probleem blyk dat al haal hulle die handelaars een vir een van die straat af, daar rye wag om hulle plekke in te neem.  Die groot deurbrake is wanneer die groot fondse dwelms by die grensposte, hawens en lughawe gevind word wat met die groter verspreiders verbind kan word.

 

Dit blyk nog glad nie moontlik te wees om die harde dwelms van ons strate af te hou nie.  Die enigste antwoord is om die verslaafde deur ‘n erkende program te leer en sy/haar gedagtes te venuwe totdat hulle weet dat hulle nie dwelms nodig het nie en nie meer deur die leuen verlei kan word nie.

Twee jaar skoon en sober – net genade!

In die kristalgallery in Swakopmund word die oorsprong van die woord Amatis verduidelik.  Dit kom van die Griekse woord amethustos wat as altyd sober (nie dronk nie) vertaal kan word.    Lorri, die Namib Cowboy, wat ek in Januarie daar ontmoet het,  myn hoofsaaklik amatis. Nadat ek die betekenis uitgevind het het ek hardop die wens uitgespreek om ‘n driehoekige amatis te kon kry wat ek vir my dogter in die logo van die AA kan laat set. Die kristalgallery verkoop ‘n groot verskeidenheid stene maar daar was nie driehoeke nie.  Die simboliek sou oorweldigend wees vir iemand wat die stryd teen verslawing dapper stry.  Lorri het sowaar ‘n steen uitgesoek wat hy gemyn het en dit self na ‘n slyper geneem om dit nog dieselfde dag vir my in die driehoek te slyp. Daar word my droom waar in so spesiale manier wat ek nie eers sou kon droom nie.  Die amatis in die driehoek van eenheid, herstel en diensbaarheid, met die simboliek van die Griekse “altyd sober” maar wat ek uit die growwe hande ontvang het van die man wat dit self uit sy donker kelder van miljoene jare gehaal het – die eerste energie wat daardie steen ervaar het was die ontsag en dankbaarheid van die Namib Cowboy.

My dogter het spesiaal ‘n foto sessie met ‘n liewe vriendin gereël om mooi fotos te neem – sy was regtig stomgeslaan met die geskenk en sy simboliek.