Met betrekking tot Nena*

12359929_938831309526026_3885655475999276262_n

Ek het myself by ‘n 12 step program aangesluit in 2014 nadat ek besef het dat dit my verantwoordelikheid is om deur die wanhoop en pyn te werk wat my man se alkoholisme en my dogter se dwelmverslawing veroorsaak het.  Nee, ek het dit nie veroorsaak nie en kon dit ook nie beheer nie.  Al wat ek kan beheer is hoe dit my lewe geraak het.  Daarom het ek doelbewus besluit om op te hou “bloot bestaan” en om elke oomblik te lewe asof daardie oomblik belangrik is.

Dit is ‘n proses, nie ‘n towerstaffie wat mens swaai en dan is alles weer ok nie.  Dit is tydsaam, sommige dae ‘n heen-en-weer toutrekkery waar ek weer ‘n les leer wat ek gedink het ek reeds onder die knie het.  Tog is dit ‘n baie spesiale belewenis.  Vir die eerste keer in jare konsentreer ek op wat ek nodig het en wat vir my belangrik is.  Verslawing en alkoholisme kan – en doen meestal – mens se hoop steel.  Familie en vriende van verslaafdes kan soveel energie daaraan wy om hulle geliefdes te probeer help maar ongelukkig kan niemand daardie besluit vir ‘n verslaafde persoon maak of enigsins verslawing beheer nie, ook nie alkoholisme nie.  Wat ek wel kan beheer is my eie herstel (Recovery) van die nagevolge daarvan.

 

Ek het in ‘n tydperk van twee jaar by twee geleenthede my enigste dogter vir dood opgetel, gelukkig kon sy gered word.  Vandag is sy twee jaar en 7 maande skoon en baie sterk oppad om haar lewe te herbou.  My man kon nie betyds ophou nie.  Hy is in 2015 kort voor sy 50ste verjaarsdag oorlede.

Ja dit is alles baie hartseer en moeilik maar ek weet, ongeag watter lewenspad my geliefdes verkies, ek is verantwoordlik vir my eie lewe.   Die nagevolge van verslawing maak mens “numb”, ek het geleer op gevoelens uit te skakel om myself te beskerm.  Snaaks, mens se brein werk nie so nie, as mens jou negatiewe gevoelens blok kan die vreugde, vrede en hoopvolle gevoelens ook nie deurkom nie.

 

Ek is op ‘n koersvaste roete om deur my trauma en gevoelens te werk, om voluit te lewe, om na my eie welsyn om te sien, fisies en emosioneel.  Vir die eerste keer in jare het ek weer hoop, nie net vir ander nie, ook vir myself.  A little bit of hope is a very powerful thing indeed!

* Skuilnaam en my familie bynaam.

FB_IMG_1512473494894

8 thoughts on “Met betrekking tot Nena*

    1. Hie hie – nee ek weet nie van die Litnet blog nie. Ek sukkel so bietjie om die masjienery agter die blogwêreld te verstaan op die oomblik. Hoop om te leer soos ek vorder.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s