Jammer

118308070_10159012877382650_8764815638949277090_o

Ek wens ek kan ophou jammer sê. As ek net kan stilsit en kalmeer en redelik wees weet ek ek het nog altyd my beste gedoen met wat ek kon.

Die punt is, as mens so bietjie lees oor die siekte van verslawing (ongeag of dit drank of dwelms of ander geite is), die oogmerk van hierdie siekte is eenvoudig die dood. ‘n Goeie vriend wat meer as 20 jaar sober was na ‘n verwoestende lewe van verslawing het self gesê dat verslawing bloot selfmoord op paaiemente is.

Gister sou my oorlede man se verjaarsdag gewees het.  En ek kyk gisteraand die fliek “A star is born.” Hoofsaaklik oor hoe alkoholisme en verslawing ‘n intelligente deernisvolle man se lewe ruineer en hoe sy vrou, wat hom oneindig liefhet, op die kantlyn staan en toekyk. Die film is gebaseer op ‘n ware verhaal. En regtig? Wie van ons kan eerlik sê ons ken nie so ‘n ware verhaal oor hierdie siekte wat mense se hoop, liefde en lewens steel nie?

Nogtans huil ek gister snot en trane. Ek huil vir al die kere wat hierdie siekte my hart so stukkend gebreek het.  Ek huil oor al die drome wat in skerwe agtergelaat is. Ek huil oor hoe hierdie siekte dit reggekry het om soveel dood te veroorsaak – ook binne in my, my eie hoop en liefde dood te maak. Ek huil omdat ek bitter skaam is om te erken dat ekself soveel skade gely het in my hart en siel van hierdie siekte. Ek huil oor die hele magteloosheid van die toeskouers van hierdie siekte. Ek snik omdat my hoop en liefde nie groot en sterk genoeg was nie.

Dit is juis nou in Augustus ses jaar wat ek die pad van recovery op die 12 stap program stap. Nogtans, ‘n mens vergeet nie mense of trauma of pyn so maklik nie. Almal het hulle eie tyd nodig. Almal van ons moet ons eie padjie stap.

101834124_3285061064888461_1611188807078510592_n

Ses jaar terug, toe ek nog deur elke Al-Anon meeting gehuil het het ek vasgehou aan hierdie woorde waarmee die byeenkomste afgesluit was : “there is no situation too difficult to be bettered and there is no unhappiness too great to be lessened.” Vyf jaar terug het ek dit teen my stoepmuur geverf. Ek sal hieraan bly vashou tot my dood toe – ek lewe nog. Ongeag alles lewe ek vandag my beste lewe wat ek kan. Ek hoop weer. Ek glo nog. Ek is ‘n wandelende bewysstuk dat hierdie siekte nie alles doodmaak nie – we do recover en selfs families kan weer heel word en beter word.

4 thoughts on “Jammer

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s