Mindfulness: wat ek uit die 12 stappe kon leer

Jon Kabat Zinn meen dat die volgende die pilare is waarop ‘n ware en werklike leestyl van mindfulness (sou dit in Afrikaans vertaal kon word as om bewustelik te lewe) rus:

  • Om nie te oordeel nie
  • Om te laat gaan
  • Aanvaarding
  • Vertroue
  • Geduld
  • Die aanslag van ‘n beginner – ‘n vars uitkyk
  • Om nie te strewe nie
  • Dankbaarheid en vrygewigheid.

 

Om nie te oordeel nie

mindful non judgingEk het op ‘n punt in my lewe besef dat ek alles wat oor my pad kom inkleur met die bril waarmee ek kyk. Dikwels oordeel ek ander skerp – bv die ou is arrogant of daardie vrou is katterig. Soms tree mense so op – ek het ook al – omdat hulle weerloos voel, opgebruik is. Meestal het ek net eenvoudig geen idee waardeer daardie persoon gaan nie of wat die agtergrond van sy  of haar optrede of reaksie is nie.

Snaaks ook dan, ek wat weet van al die op- en afdraandes in my eie gemoed en lewe is die mees veroordelend op myself! Om werklik mindful te lewe moet ek leer om    eenvoudig net te kan “wees.” Om net te ervaar wat ek dink, doen en voel sonder om dit te oordeel of verwerp. Soos ‘n dierbare vriend graag gesê het: “Behandel jou gevoelens soos jy ‘n gas sou behandel – laat hulle toe om te kom en om te gaan.” Sonder oordeel. Sonder om jouself af te takel omdat jy alweer so voel – dit sal ook verby gaan, ek hoef nie ekstra energie daarop te mors nie. Sonder om nog stertjies en stories aan te las – dit is wat dit is en soos ek weet, gaan altyd weer verby.

Om te laat gaan

So eenvoudig maar so verskriklik moeilik. Soos om aan jou vingerpunte aan die kant van ‘n krans vas te klou en iemand nooi jou: “Gee my jou hand dan trek ek jou op.” In die 12 stap program moes ek leer dan ekself nie alles kan beheer nie. Dat dit ook OK is. Dat ek kan staatmaak op iets of iemand of Iemand buite myself. Hoeveel energie het ek nie gemors deur die bestuurder van die heelal te probeer wees nie? Deur die skyn te probeer voorhou dat ek in beheer is nie?! Deur vir myself te lieg dan ek dit regkry om in beheer te wees nie?! Vandag weet ek dit is sinneloos. Ek is wat ek is. Elke dag leer ek om meer van myself te aanvaar en vir myself lief te word. Dit is ‘n proses maar net ek kan my gedagtegang verander.

 

Aanvaarding

Sommige mense meen ons lewe net eenmaal, ek dink ons sterf net eenmaal – ons kan elke dag lewe. Ek het ophou bestaan en begin om weer te lewe nadat ek ontsaglik baie in die twaalf stap program geleer het. Elke dag kan ‘n spesiale geleentheid wees. Die klein dingetjies maak die lewe wat dit is – die reuk van nat grond, die eerste blaartjies van die nuwe seisoen, die giggel laggie van ‘n kind, die entosiasme van my hond as ek ‘n bal of leiband in my hand het – of sommer net as ek by my hek inry. Die grootste ding vir my om beter te word en beter te dink was om te aanvaar dat ek alles het wat ek nodig het om werklik gelukkig en vervuld te wees. Ek is genoeg – net soos ek is. Dit is die enigste plek waarvan ek kan begin om enige iets in my lewe te verander of verbeter.

Vertroue

Ek moes veral leer om my reispad te leer vertrou. Alles gaan nie altyd volgens plan verloop nie – en dit is ook ok want as ek regtig mindful patienteerlik is, as ek weet ek kan dit nie verander nie, wat op aarde baat ek daarby as ek myself sielsongelukkig maak daaroor? Kan ek een el by my lengte voeg of een uur by my lewe voeg? Verbasend egter het ek agtergekom dat vandat ek vertrou en aanvaar dat dinge is soos dit is verbasend meer positief in my lewe gebeur as wat ek kon dink of hoop of glo.

 

Geduld

Ek het altyd gedink ek is die ongeduldigste mens op aarde – dit was regtig die waarheid. Punt is – dit maak my net ongelukkig, dit baat my net mooi niks. Waarom op aarde sal ek daarmee aanhou? Dinge sal gebeur hoe en wanneer dit gaan probeer – behalwe as ek weet dat ek werklik iets kan beheer of beinvloed is dit net beter vir my om geduldig te wees. Ja, natuurlike kry ek ook my oomblikke wat ek glip maar dit is ook waar mindfulnes behulpsaam is. As en wanneer dit gebeur kan ek let op my negatiewe gedagtes en doelbewus stop en rustig raak.

 

‘n Vars uitkyk

Ek is my lewe lank in boksies grootgemaak: ‘n mens maak so…, ‘n mens behoort…, ‘n mens doen nie dit of dat nie. Ek wil sover gaan om te sê dat ek sedert my kinderdae gebreinspoel was om te dink soos ek vertel was ek behoort te dink.  Ek het bitter laat in my lewe eers geleer om beginsels te weeg en te oorweeg en self te besluit wat vir my werk en wat nie. Ek het dit ontsaglik bevrydend gevind om uit elke liewe een van die boksies te klim waarin ek my bevind het – ek kan dit aanbeveel. Ek het wonderlike mense ontmoet wat buite konvensionele boksies leef en by wie ek ongelooflik baie geleer het en nog steeds leer.

Om minder dinge na te strewe.

‘n Groot deel van my pogings om te blyk in beheer te wees was maar “window dressing” en het te doen met status, dinge en hoe mens vir die buite wêreld lyk. Dit is ‘n stryd wat niemand kan wen nie. Punt is om ander te probeer beindruk of om goeters bymekaar te maak doen niks vir my saligheid nie. Dit maak nie sin nie. Dit is seker ook maar een van die boksies waarin ek grootgemaak was – suksesvolle mense het groot huise, luukse motors en stylvolle klere. Ek is anders. Ek is op my suksesvolste as ek op ‘n klip in ‘n rivier sit en oor die berge tuur of na die waterstroom luister. Dit vul my hart en siel. Nie goeters nie.

 

Dankbaarheid en vrygewigheid

In die twaalf stap program het ek geleer dat die program net oorgedra word aan ander as die van ons wat daaruit geleer het dit oordra. Ander kan net leer uit my ervarings en ondervinding as ek my ervarings met ander deel. Ek kon dit natuurlik glad nie doen terwyl ek nog naastiglik besig was om te “window dress” nie. Ek is verskriklik dankbaar dat daar mense was wat my geleer het uit hulle ervarings en vir mense wat my lewe verryk deur na my ervarings en lewensreispad te luister.

 

9 thoughts on “Mindfulness: wat ek uit die 12 stappe kon leer

      1. Ek voel effe alleen, Nena. So asof ek onnodig deur strooi gaan wat ek self uitdink. Dankie dat jy hier kom sê jy sukkel ook.❤

  1. Dit is ongelooflik mooi, waar en powerful geskryf. Dankie vir die deel hiervan, dat ons dit mag lees. Dankie dat dit dinge so raak in my lewe, voel blessed om deel hiervan te wees🌻

  2. ‘n Kursus in Stellenbosch het “mindfulness” in Afrikaans “gedagtigheid” genoem. Ons het wel ‘n soortgelyke woord wat al lankal deel van Afrikaans is, naamlik “aandagtig” – as mens aandagtig luister, doen jy dit met jou hele hart en siel. “Aandagtigheid” klink vir my na ‘n goeie ekwivalent vir “mindfulness”, maar dit gaan natuurlik daarvan afhang of Afrikaanssprekendes dit aanvaar. Dis nie meer mode om suiwer Afrikaans te (probeer) praat nie…
    En noudat ek daai klip uit my skoen geskud het – hierdie inskrywing was baie, baie interessant en vol wysheid en waarheid – dankie daarvoor.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s