Mense kry swaar

 

15170906_10154887189128938_7099264035088042951_n

Sjoe daar is baie mense wat swaar kry.  Ja ons sien baie fisiese armoede maar ek wonder of dit nie die maklikste tipe swaarkry is nie?  Die ander swaarkry.  Die diep binnekant jou diepste binneste swaarkry. En hoe nader ons aan die kersgety kom hoe meer mense is daar wat regtig swaarkry.

Ekmyselff se hartseer briefie het my so aangeraak en hierdie week het ek soveel mense raakgesien om my wie se fut en go ook uit is.

Vandag ontmoet ek ‘n vriendin vir koffie.   Ek bewonder haar.  Sy is hoogsintelligent, baie suksesvol, kunstig, maak tuin, oefen elke dag, eet gesond, is prentjiemooi maar sy kry regtig swaar.  Sy is onder erge werksdruk, haar kinders wat studeer skryf eksamen en kry swaar na al die stakings en min klasse, haar man is onder uiterste groot druk met projekte in sy besigheid.  Dit kom net van alle kante af en voel of dit nooit kan ophou nie.  As jy nog nie self daar was nie sal ek verbaas wees.

‘n Ander vriendin op wie se knoppie ek al baie gedruk het in my uur van nood sê vannaand dat sy bloot probeer “survive” op hierdie stadium.  Ook druk uit 360 grade.

Nog ‘n vriendin kry chemo vir kanker, probeer haar huis verkoop,haar boorgat is foutief en sy wag al 5 weke vir die span wat dit moet kom fix, haar swembad is groen en sy kan hom nie voltap om die pomp aan die gang te kry nie (waterbeperkings) en voornemende kopers skud hulle koppe.  Boonop maak haar nuwe besigheidsvennoot haar reeds moeilike bestaan feitlik onmoontlik.  Sy is ‘n weduwee en moet alleen die mas opkom.

My dogter het die week 21 jaar oud geword en deel met my hoe erg sy na haar pappa verlang op sulke dae.  My skoonma bel haar op haar verjaarsdag en die verlange na die twee kinders wat sy al moes begrawe hang swaar in die lug na die oproep.

Oor koffie vanmiddag vra my mooi vriendin “gee vir my raad?”

 

Wel al wat ek kan doen is deel uit my eie ervarings en wat ek uit anders se lewenspadjies geleer het.  Daar is drie dinge wat vir my help as ek so swaarkry:

  1. Dit moet uit – sê dit vir iemand
  2. Gevoelens en emosies is soos gaste – hulle moet kom en gaan
  3. Probeer deur die nag kom, as die son opkom en die voëls begin sing gaan jy nuwe krag kry.

1.Ek het al vertel dat my ma as enigste kind in ‘n ouershuis van twee alkoholiste baie swaar gekry het en vir donkiejare daarna nog die gevolge daarvan in haar lewe en verhoudings ervaar het.  Sy het my eenmaal vertel dat sy op ‘n stadium ophou maats maak het by die skool want maats wou op een of ander stadium by jou huis kom kuier.  Aanvanklik het sy maats gemaak maar as hulle vra: “Kan ons vanmiddag by jou huis speel?” het sy gewoonlik geantwoord nee ek hou nie so baie van jou nie, wil nie meer maats wees nie.  Nie omdat sy geneem was nie, sy was skaam vir die chaos by haar huis.  Later het sy ook daardie seer vermy deur eenvoudig net nie vriende te maak of uit te reik na ander nie.

My ma se beste vriendin vandag was bietjie erger daaraan toe.  Haar ma het van een alkoholistiese gewelddadige boyfriend na die ander geval, soveel so, dat sy dele van haar kinderjare in die kinderhuis deurgebring het.  Sy het ‘n heel ander benadering tot die lewe gehad.  As iemand vra om by haar te kom kuier het sy kliphard en dramaties gesê: “Ooooooh nee, my pa drink vreeslik en dan slaan hy ons verskriklik.  Ons moet eerder by jou huis kuier.”  Dit is vir my ongelooflik hoe verskillend die uitwerking van die chaos op die twee se selfvertroue en lewens in die algemeen was.   My ma se vriendin het nooit skaam of skuldig gevoel oor die situasie wat sy in elk geval glad nie kon beinvloed of beheer nie.

Ek kan nie tot ‘n ander slotsom kom as om te sê dit moet uit nie.  Sê jy kry swaar – selfs al is dit net vir iemand wat jy regtig vertrou.

2. Ervaar elke ene van jou gevoelens – regtig.  As jy hartseer is, gaan sit onder ‘n boom of op die leesstoel in jou kamer of maak jouself in die badkamer toe en huil jou oë uit.  As jy kwaad is vat ‘n vurk en vaar onder die bossies in die tuin in, gil en skreeu, gaan speel muurbal en voeter die bal met al jou krag en mag totdat jy vlou is of braak al die gal uit jou siel in ‘n brief en verbrand dit.  Watter gevoelens ookal moenie dit toesmeer, verdoesel,op die agterste brander skuif of mitigeer nie – laat dit toe om te kom en te gaan.

3. In Klaagliedere 3 is’n beskrywing van depressie. Nee ek weet ek is nie baie gelowig nie maar die Bybel is vir my ‘n goeie spirituele gids.  Vir my is daardie beskrywing baie raak.  Maar aan die einde, ek dink so in vers 23 of so die woorde: “deur die genade van die Here het ons nie vergaan nie, dit is elke more nuut.”  Ek het in my lewe al deur menige nagte geworstel.  Ek mag dalk nie my god ‘n naam gee nie maar dat daar genade vir my van ‘n mag buite en groter as ekself was kan ek nie ontken nie. Daardie genade word vir my elke oggend so spesiaal herbevestig.  As ek die voëltjies hoor, gewoonlik lank voor ek die eerste sonstrale kan sien, dan weet ek, ek gaan dit maak.

Laastens herinner ek myself ook maar dat ek kan doen wat ek kan met wat ek het.  Ek is toe ook maar mens.  Ek maak foute.  Ek word moeg.  Ek verloor moed.  Dit is sulke tye wat ek mooi moet konsentreer om goed te wees vir myself en mooi te praat met myself.  Wat ek moet aanvaar dat alles is presies soos wat dit moet wees en berus.

Ek het die week toe ons in die Krugerwildtuin was ‘n bietjie goedhartigheid bewys aan iemand wat ek daar ontmoet het.  Dit het my niks meer gekos as bietjie van my tyd en bietjie omgee nie maar sy was so oorweldig en dankbaar.  Weet jy, “A little bit of kindness goes a long way.”  Of jy ook swaar kry en of jy baie genade kry, as jy kan, luister so bietjie na die mense om jou en bewys ‘n bietjie goedhartigheid.  Nee, moenie goeters of geld gee nie, gee so klein bietjie van jouself.

13719_10153296125782650_1312935669110059218_n

Tips vir “happy holidays” in moeilike tye en families.

Herblog vanaf: http://growingupchaotic.com/2016/11/29/how-to-have-a-happy-holiday-no-matter-who-gets-drunk/

How To Have A Happy Holiday (No Matter Who Gets Drunk)

November 29, 2016 By Dawn

As an Adult Child of An Alcoholic, I’ve had my fair share of horrendous holidays.

Everything from my mom being drunk and beating the crap out of me on Christmas Eve, to one of my brothers ending up in the hospital near Thanksgiving with six bullets in his abdomen all thanks to a drug deal gone bust.

I’ve also spent many holidays alone – feeling worthless, lonely, depressed and my mind full of hate.

So if you can relate at all, more than anything, with this holiday series, I want you to realize that you’re not alone.

Family fighting, the unpredictable and sometimes nasty behavior of an alcoholic and family members that love to stir up drama are just a few ways that the holiday season can quickly go south.

But my hope is that after reading, you’ll see that you don’t have to go all the way down with it.

P.S. Why not share this post with someone you know that struggles with feeling happy and at peace durning the holiday season?

P.P.S. Just a quick heads up here. I know that the holidays can stir up loads of pain for a lot of people. Families are complicated and I realize that what you may experience during the holidays may be beyond the scope of this post. But I ask you to please keep an open mind and know that you’re not alone.

#1 Check Your Expectations

Why he said he’d call me at midnight instead of 6 or 7pm, I don’t know. But my dad said midnight.

On that Christmas Eve I was meeting up with some friends to celebrate and even though it would only take me a half hour to get back to my apartment, I purposely left the party at 11pm to make sure that I was home for his call.

When I didn’t hear from him by 12:30, I dialed his number and there was no answer.

At 12:45, I crank called a 24-hour convenience store to make sure my phone was working.

At 1am Christmas morning, I gave up and went to bed.

My dad never called. Not on Christmas morning, not a week later or even a month later.

And although I was crushed, I should’ve known better because this was the kind of shit he pulled all the time.

What tripped me up in this scenario, were my expectations.

During the holiday season, our expectations of what our holiday should look like and how we expect our family or a family member to behave can set us up for major disappointment.

And sadly those disappointments become our memories.

Think about it.

If every holiday, your family fights, your spouse gets drunk and unpredictable or someone ends up crying – why on earth would you expect this year to be any different? Why would you expect that for some reason this year your family would magically mirror a Norman Rockwell painting?

In order for things to be different someone has to do different. And even then there’s no guarantee that your ultimate holiday fantasy will come true.

After I realized that my dad wasn’t going to call, I spent that entire Christmas day depressed and miserable. I was heartbroken that he didn’t follow through and at the same time I was pissed at myself for letting my expectations lead me to believe that this time he would.

So if you want to have a positive, happy and peaceful holiday season, maybe it’s time for you to check your expectations.

Once I checked mine, I stopped expecting my dad to call.

#2 Want Good Memories? Make Them.

Year after year, as friends and coworkers gushed about going home for the holidays, baking cookies and trimming their trees, I dreaded being alone on Christmas day.

But then one year, I decided that even if I couldn’t make them with my family, I was completely capable of creating Christmas memories of my own.

So I went to Target and bought myself a Christmas tree, a few strands of blinking white lights and a box of blinged out red and white balls.

While I was there, I picked up some gifts for my cat which included a few cans of tuna and this massive cat jungle gym that I thought she’d go nuts over.

On Christmas morning, while my cat stuffed her face with tuna, I went to work on her jungle gym. It took me the entire day to put that thing together. And after all was said and done, she wouldn’t go near it! She wanted nothing to do with that thing and I ended up taking it apart and giving it away.

I look back on that Christmas and I laugh because the memory for me is special. Although the day wasn’t perfect, and I had moments where I felt lonely and alone, I created a memory that I’ll never forget.

And you can do the same with your holiday. If you want good memories to look back on this year – don’t leave them to chance – make them happen.

#3 Smooth Out Your Mental Turbulence

A few months ago, I was waiting to board a flight when my palms started to sweat. This isn’t anything new for me, it happens every time I fly.

So to try to calm my anxiety, I looked out the window at a plane that was coming in for a landing. As it appeared to smoothly drop out of the sky towards the runway, I realized that for the people on that flight the ride was probably anything but smooth.

In that moment, the plane was probably being bounced around and rocked back and forth by turbulence. But from where I was standing on the ground, I couldn’t see or feel any of that.

Fast forward to this past weekend and I’m on a plane that’s about to land. Not only were my palms sweating but the plane was bouncing around and rocking back and forth thanks to a bit of turbulence.

Just as my mind was crashing into panic mode, I remembered how smooth and calm the other plane looked in the sky months earlier. And I realized that from the ground, in that moment, despite my growing panic, the plane that I was on probably looked okay too.

But in my mind I was making the turbulence worse than it needed to be.

So how can you apply this example to your holiday season? You can start by looking at where you, through the thoughts that you keep, are making situations more turbulent then they need to be.

I know it’s easier said then done but with some effort you can create space to enjoy this holiday season if you’re willing to keep an open mind and get real about the unnecessary turbulence you may be creating in your own head.

#4 Get On Santa’s Naughty List

Every year I dread the holidays because…

My uncle drinks too much and always starts a fight with someone.

It’s hard to stay sober while my entire family is actively using.

My husband gets drunk and abusive.

I have to spend the time with my narcissistic and toxic mother.

I don’t want my kids around my alcoholic father.

If you can relate to any of the above, I have two simple suggestions for you.

#1 Do something different this year and don’t spend time with these people

#2 Limit the amount of time you spend with these people

Yes, I’m suggesting that you go against everything you think you should do or have to do this holiday.

Give yourself permission to get on Santa’s naughty list.

Here’s the deal, just because it’s the holidays and just because someone is family does not mean that you have to fall in line and put up with abuse.

Now I know this idea may not sit well with everyone and I realize how difficult it can be to go against tradition. But I do believe that it’s perfectly okay for you to put yourself, your safety and sanity first.

If not seeing your family isn’t an option then think about spending a limited amount of time with them.

Instead of spending the entire day with your alcoholic father, just spend a couple of hours.

If you know that every year your family gets rowdy when the pumpkin pie hits the table, then leave before that.

Will some people judge your choice? Will you feel guilty? Will it be awkward? Probably, but from my experience I’d tell you to do it anyway.

Especially if doing so will bring you peace and calm this holiday season.

Hopefully I’ve given you some fresh ideas to think about and consider.

 

Verlange…

My man is verlede jaar Mei oorlede, 3 maande voor sy 50ste verjaarsdag.  Ten tyde van sy dood was ons nie meer bymekaar nie.  Hy was ‘n alkoholis en na baie smeek, probeer, kerm en soebat moes selfs die aardsoptimis in my erken dat ek moes hensop.  Ek kon nie meer nie.

Baie mense en van ons familie glo dat ek hardvogtig en gemeen was, hy was immers blind en siek.  Hy het emfiseem gehad.  Ten tyde van sy dood het hy nie meer gewerk nie maar ongeskiktheidspensioen by die staat gekry.

Toe ek hom ontmoet het het hy ‘n suksesvolle besigheid gehad, inteendeel hy het baie meer as ek verdien.  Selfs toe ons  uitmekaar is het hy sy eie besigheid gehad en genoeg werk gehad omdat hy twee getroue personeellede gehad het wat die werk kon doen – een wat al 24 jaar saam met hom gewerk het.

Die ware rede waarom hy sy inkomste verloor het was:

  1. Slegte lewenskeuses : Hy het nie opgehou rook nie , kon nie minder drink nie en het nie gebalanseerd geeet nie.  Hy het nie elke dag kans gesien vir eet nie maar kon elke dag iets drink, hy het later soos ‘n geraamte begin lyk.
  2. Hy het nie die behandeling gevolg soos hy moes nie bv suurstof gebruik soos voorgeskryf nie.
  3. Hy het nie die geld in sy besigheid verantwoordelik bedryf nie.  Ek het baie keer vir hom die berekeninge gedoen en verduidelik hoeveel geld sy werkswyse hom kos maar ek het geweier om ook die verantwoordelikheid vir sy besigheid op my te neem.

Ek het regtig vir baie lank baie hard probeer wat ek kon:

Ek het baie van sy finansiele uitgawes gedra, hy het sy besigheid uit my huis bedryf en hoef nie besigheidshuur te betaal nie.  Ek het vir hom voertuie gekoop, altyd sy mediese uitgawes betaal, hom dokter toe geneem, by Walk 4 Life aangesluit (Ook sy lidmaatskap betaal) en hom aangery sodat sy bloedsomloop, longkapasiteit en spiermassa kan verbeter terwyl hy veilig is en sy hartklop gemonitor word.  Hy het ‘n totaal van 4 keer gegaan en nie weer nie.

Die rede waarom hy sy besigheid en gesondheid verloor het was ongelukkig  as gevolg van sy eie keuses.  Mense is natuurlik geregtig om hulle eie keuses te maak maar ek moes uiteindelik besef dat dit onbillik sou wees dat ek vir die res van sy en my lewe vir sy keuses moes betaal.

Die hele waarheid was ook dat ek verskriklik lief vir my man was.  Ja hy was nie prentjiemooi, vreeslik suksesvol of welsprekend nie maar vir my was hy spesiaal.  Hy was so geduldig van geaardheid.  Hy was lief vir diere en kinders.  Ek het hom bewonder vir die spesiale stel vaardighede wat hy homself aangeleer het omdat hy blind was.  Hy was soos ‘n wandelende telefoongids, omdat hy nie nommers kon opsoek nie het hy elke nommer onthou.  Hy het mense se stemme onthou.  Hy het ‘n ontsaglike fyn aanvoeling in sy hande gehad.  Ons het baie saam houtwerk en DIY gedoen, ek sal twee planke met ‘n maatband meet om seker te maak dit is ewe lank maar hy het hulle opmekaar gesit en sy aanvoeling wat elke keer skerper as my sig.  As die planke vir my met die blote oog dieselfde lyk kon hy voel hulle is nog nie gelyk nie.

Hy het homself op die rekenaar geleer met ‘n spesiale program vir blindes en ek het baie by hom geleer van rekenaargebruik. Hy het so graag nuwe resepte probeer – self sosaties gemaak, kerrieboontjies en slap hakskeentjies ingele en baie ander dinge wat siende mense nie eers braaf genoeg sou wees om te probeer nie.  Hy het ‘n ontsagwekkende gehoor gehad en ‘n musiekkennis wat ek nog nooit weer teegekom het nie.

Hy was ‘n besonderse minnaar, selfs na 22 jaar se getroude lewe, as hy aan my hand gevat het het dit steeds vir my gevoel of daar elektriese vonkies deur my lyf gaan.

Ek kon nie meer toekyk hoe hy homself doodmaak nie, ek was te lief vir hom maar glo my dat dit die heel moeilikste besluit van my lewe was.  Ja, natuurlik was ek kwaad, woedend, met tye.  Dit is deel van die waansin van die siekte van verslawing en nee dit raak nie net die alkoholis of verslaafde nie, dit maak ook die mense wat vir hulle lief is stapelgek bossies.  Dit beteken vir geen oomblik dat ek minder lief vir hom was nie.

Daar gebeur daagliks goed wat my so na hom laat verlang.  Verlede week het my dogter se motortjie ‘n nuwe battery nodig en ek onthou met heimwee hoe hy al die motoronderdele en bande plekke sou skakel, omdat hy die nommer kan onthou en elkeen se prys sou hoor voor hy besluit.

Verlede week gaan ek vir ‘n pedikuur en word rooibostee bedien en daar sit ek en tjank snot en trane in die salon ten aanskoue van almal terwyl ek onthou met hoeveel deernis hy altyd die rooibostee vir my op die stoof gekook het totdat dit donker en sterk is soos ek daarvan hou.

Sy laaste gidshond, Evah, bly nog by my, sy het ook so ‘n rustige geaardheid en herinner my daagliks aan hom.

Geen verhouding kan net sleg of net goed wees nie.  Al het dit so sleg geword dat ek moes opgee besef ek vandag dat ek nooit die mens wat my man was opgegee het nie, wat ek opgegee het was die droom dat ons saam gelukkig en goed vir mekaar sou wees.

14925445_1816839205266775_1623777791979785078_n

Briefie aan haar “drug of choice”.

Dit is so dat meeste verslaafdes ‘n “drug of choice” het. Ek het onlangs na die heel interessantste lewensverhaal van ‘n alkoholis met meer as 20 jaar recovery geluister. Oor sy “drug of choice” sê hy dat hy sedert hy 12 jaar oud was ontuis in sy eie vel gevoel het. Hy wou nie die werklikheid ervaar nie en sy “drug of choice”was meestal : “Wel wat het jy?”

Hy sou enigeiets gebruik om nie sy eie emosies en gevoelens hoef te ervaar nie – die uppers soos kokaine, die downers soos heroine maar veral alcohol – ook ‘n downer omdat alcohol volgens hom die enigste “betroubare” dwelm was. Hy kon nie die hier en nou hanteer nie. As hy ander dwelms gekoop het kon hy egter nie seker wees van wat presies hy sou kry nie – daar is nie kwaliteitsbeheer onder dwelmhandelaars nie – hy het egter presies geweet waar ‘n bottel brandewyn hom sou kry.

Dit is egter vir my interessant om te verstaan dat die werking van die dwelms en die alkohol ontvlugting van die mens self is.  Daar is natuurlik ander maniere wat ons ook gebruik en wat nie onwettig is nie soos elektroniese speletjies, slaap, eet, flieks of storiereekse – alles maniere om van onsself te ontvlug.

My dogter het ook alcohol gebruik maar heroine was haar voorkeur – dit is die hardste maar goedkoopste dwelm en volgens die wetenskaplikes die mees verslawende substansie bekend aan die wetenskap.

Na 2 maande in recovery skryf sy die volgende briefie aan haar “Drug of choice”:

Hi heroin

Look I’ve been thinking very hard about this letter and I just decided, fuck it, I’m just going to write what’s on my mind. We were together for a very long time but I just want you to know I don’t miss any of it. You were killing me and I gave up everything just to be with you, I lost everything and still I had to chase you. I don’t want anything more to do with you, you’re a tempting succubus and I’m not going to let you have my soul. All those things we went through, yes it was hard, so hard and you just made it worse. I sought comfort from you but was only given more despair. I want to do the next right thing, get my life together and be a better person but you know what? I can honestly not say one good thing about you, you’re a bitch and I hate you. Your clingyness and nagging was driving me insane! I completely lost control of myself and you just took over. You made me something I never wanted to be. But I’m writing this letter to let you that’s all done now, it doesn’t matter how hard you cling or how loud you nag, I don’t want you back. I’m free now, free from your control.

fb_img_1479456035017