Godsdienstigheid vs spiritualiteit

Daar is ‘n sê-ding onder verslaafdes en alkoholiste in recovery dat godsdienstigheid beoefen word deur mense wat bang is vir die hel terwyl diegene wat reeds in die hel was spiritualitiet beoefen.

Daar was seker min mense op hierdie aarde so godsdienstig soos ek.  Ek het in die kerk grootgeword.  Toe ekself universiteit toe is en later begin werk het was ek nog erger as my eie ouers.  Ek het drie maal per week kerk toe gegaan, vir jare was ek sondagskoolonderwyser (kategeet), het pal op die kerkraad gedien, het op tye die basaarreëlingkommittee gelei, vir lank was ek die gebedsgroepvoorsitter, ek het elke Sondag die rekenaar presentation vir die grootskerm gemaak vir ‘n periode van meer as vyf jaar, ek was afloskoster, aflosorrelis, koorleidster – die kerk en godsdiens was ‘n baie groot deel van my lewe.  My man en dogter moes maar saam waar ek gegaan het.  My dogter het ook maar in die kerk grootgeword en vir die eerste 17 jaar van haar lewe was ons in dieselfde gemeente, ‘n klein NG gemeente met minder as 200 besoekpunte.

In 2004, na twee mislukte swangerskappe, lê ek in my hospitaalbed net 24 weke swanger op streng bedrus want dinge wil weer skeef loop.  My geloof was egter op daardie stadium onwrikbaar.  Ek weet dat geloof so groot soos ‘n mosterdsaadjie kan red en ek bid vir genade.  Ek vra presies vir een teelepel genade want ek is seker dit sou genoeg wees om my babatjie te kon red.  Maar dit was nie bedoel nie en ‘n week later staan ons by die oop graffie, sy was lewend gebore maar het slegs een uur gelewe.  Ek was teater toe gejaag vir ‘n noodoperasie en het haar nooit gesien nie – net haar lykie.  Watse genade is dit?

Daarna het my man se alkoholisme erg ge-eskaleer en my enigste wonderwerk dogter het verslaaf geraak aan heroine.  ‘n Verslawing wat sy eers na ‘n tydperk van ses jaar se absolute hel kon oorwin.  Sy sal op 5 November 18 maande skoon van enige dwelms of alkohol wees.

In Mei 2014 skryf ek in ‘n briefie aan my oorlede pa – ek kon toe nie meer met God praat of bid nie – ” Alles is maar net verlore pappa, daar is nie meer hoop nie.  Ek het altyd geglo dat ek die Here se witbroodjie was maar nou het Hy van my vergeet.  Hy het my naam uit SY handpalm gevee.  My ellende het my uit Sy hand geruk.  Net soos ‘n ooi van haar weggooi lam vergeet het Hy van my vergeet.”

Vandat my dogter op hoërskool was – veral 2011 en 2012 – het sy gereeld probeer selfmoord pleeg.  Ek het op daardie stadium alles in my vermoeë gedoen om my dogter aan die lewe te probeer hou – sy wou eenvoudig nie meer lewe nie.  Sy het ‘n sielkundige gesien en die sielkundige het briewe vir al haar onderwysers geskryf maar dit was regtig ‘n opdraande stryd.

Die swaarste vir my was egter hoe die mense in ons kerk en veral in ons eie gemeente ons behandel het.  Daar was 5 van haar onderwysers in ons gemeente wat haar vir die afgelope 14 – 15 jaar elke Sondag gesien het, by haar CD bekendstelling was en gesien het hoe sy jaar na jaar by die skool pryse verower het – ek het geglo dat hierdie mense sal weet dat die kind siek is en nie sleg is nie.  Nou egter het ons ervaar:

  1. Elke liewe een van die onderwysers het my soos ‘n mal mens behandel – kon ek nie sien dat my kind sleg is nie?
  2. Sy was deur die SAPD by die skool ondervra sonder dat haar ouers of ‘n onderwyser by haar was en nie een van die mense wat my “broers en susters in Jesus” was en wat ek as vriende geag het het my gebel of laat weet nie. Sy was bitter erg daardeur getraumatiseer.
  3. Waar mense siek word van kanker of ander “sosiaal aanvaarbare” siektes dra mense kos aan en help met huislike takies of skakel om te verneem na jou welstand of die van jou geliefdes maar as jy deur die hel van verslawing en alhoholisme gaan wil niemand iets met jou te doene hê nie en jy is “pretty much alone” in daai hel.
  4. Die skool het ‘n baie volledige dissipline stelsel gehad waar noukeurig boekgehou was van elke voetjie wat my kind verkeerd gesit het. Sy het bv take nie ingegee nie, gerook by die skool maar sy het ook as dinge vir haar te erg was in die badkamers gaan sit en huil vir ‘n uur waarvoor sy opgeskryf was vir klas bank.  Ongeag die briewe van die sielkundige en die feit dat sy voor die mense grootgeword het het nie een van die onderwysers regtig belang gestel in wat met haar geskeel het nie.  Ek het op ‘n dag besef dat as sy in die skool bly ek haar gaan begrawe en ek het haar by ‘n tuisonderrigsentrum ingeskryf.
  5. Die skool se dissipline stelsel het voorsiening gemaak vir “swart merke”. Toe ek die departementhoofde vra wat kan ‘n kind doen vir ekstra krediet – hoe kan sy die swartmerke van haar naam afkry was die antwoord nee daar is nie so moontlikheid nie.  Uiteindelik skop die kind se selfverdedigingsmeganisme is – so julle dink ek is sleg – wag ek wys julle wat sleg is.  Sy het niks hoop gehad nie en geen rede om te lewe nie – niks om te verloor nie.  Dit is ‘n baie gevaarlike plek om te wees.

Ek het in Julie 2014 hulp gekry – nee nie by die kerk nie maar by mense wat self deur die hel van verslawing en alkoholisme was.  Mense wat my so goed verstaan het hulle kon my sinne voltooi al het hulle my nie van Adam af geken nie.

Ek het egter steeds verskriklik na God gesoek.  Ek het na Polokwane verhuis en hier by ‘n gemeente aangesluit waar ek ‘n Alpha kursus gedoen het en later by ‘n Bybelstudiegroep aangesluit het.  Dit was by een so geleentheid wat ek meegedeel is dat ek nou moet begin sendingwerk doen anders is ek nie ‘n Christen nie.  Ek het verduidelik dat ek nog besig was om die stukkies van my lewe op te tel, (my dogter het twee terugslae gehad en steeds in ‘n rehabilitasiesentrum gewoon) dat ek moes heelword – maar die antwoord was duidelik – ek is ongehoorsaam aan God!

Ek was histeries – ek het gesnik soos ek huil – verwerp deur God.  Ek het deur my trane uitgestap en huis toe probeer ry maar moes langs die pad stop.  Toe bel ek ‘n nuwe vriendin.  Nie gelowig nie, nie lidmaat van ‘n kerk nie maat uiters spiritueel en lewe in daaglikste kontak met haar God.  En sy het die liefde en begrip gehad wat ek so naarstigtelik gesoek het. Sy het my kalmeer en laat verstaan dat God altyd tyd sal hê vir my.  Vir die eerste keer in my lewe het ek regtig verstaan dat die kerk nie God is nie.  As ek nie goed genoeg vir die kerk is nie beteken dit nooit ooit dat ek nie met ope arms deur God aanvaar sal word nie.

Ek was nog nie weer in ‘n kerk nie, behalwe met uitsonderlike geleenthede soos ‘n troue , begrafnis of by geleentheid as ek by my ma gaan kuier.  As ek met God wil praat sit ek in my tuin, klim op ‘n berg of gaan wildtuin toe.  As ek hulp nodig het van my medemens vra ek die handjievol kollegas en vriende wat by my gestaan het deur die hel of die gebrokenes wat ook deur dieselfde hel as ek was.  Ek het drie vriende wat lidmate van ‘n kerk is maar hulle voel hulself nie genope om my te veroordeel of te probeer bekeer nie.

In November 2015 het my dogter matriek geskryf.  Op my vraag waarheen sy wil gaan vir haar eindeksamenvakansie sê sy: “Krugerwildtuin toe saam met jou.  Kom ons gaan kamp met ons tent vir ‘n week.”

En daar sit ons op die 24ste November, op haar 19de verjaarsdag, na ses jaar van hel waar sy niks met my te doen wou gehad het nie en meer as een maal van die huis af weggeloop het en díe toneeltjie speel homself voor ons af.  ‘n Ma leeu en ‘n paar van haar kinders (Laat tieners of jong volwassenes skat ek) lê dikgevreet en tevrede naby aan die buffel wat hulle platgetrek het.  Die dogter, wat so 3 meter van die ma af gelê het staan meteens op, stap na haar ma toe en gee haar ‘n liefdevolle drukkie.  Dit was my boodskap van God af – waar Hy so duidelik vir my sê: “Ek was nog altyd hier, ek was nooit weg nie.”  En my dogter leun na my toe oor en gee my so stywe druk dat al die brokstukkies inmekaar pas.

Vir my is dit so waar wat die AA Big Book se Step 9 belofte 12 sê: “We will suddenly realize that God is doing for us what we could not do for ourselves.”  Dit was my gewaarwording toe ek daardie leeudrukkie belewe.  Ek besoek die KNP 3 tot 5 keer per jaar en het nog nooit ‘n leeudrukkie gesien nie.  Nadat my dogter kies om vir ‘n week saam met my te kamp en ons daar langs mekaar sit op haar verjaarsdag speel die toneeltjie voor ons af – dit kan tog nie blote toeval wees nie.

Ek is nie seker of ek my God ‘n naam kan gee nie.  Ek haal Jesus baie aan en het ‘n verwondering vir hoe hy gelewe het en vir sy woorde maar ek het ook vreeslike onreg gesien wat in Jesus se naam gedoen word en bittere oordeel ervaar van mense wat Jesus as god aanbid.  Al wat ek vir nou weet is dat my God groter as my probleme is, dat my God goedheid, genade en liefde is en dat my God verstaan dat ‘n mens so stukkend kan wees dat jy nie kans sien vir godsdiens nie.  Dit klink darem baie vir my soos die geknakte riet – al is hy goed vir niks – wat nie afgebreek sal word nie.

Dit is diep…. (Waarskuwing kru-taal)

Ek kan met groot eerlikheid sê dat ek NIE ‘n rap aanhanger is nie!  Die rap-song hieronder het my egter so aangeraak dat ek in trane was nadat ek dit die eerste keer gehoor het.  Dit is ‘n pragtige jong meisie wat dit geskryf het.  Omdat ek nie ‘n rap kenner is nie kan ek nie sê of dit goed geskryf is nie.  Al wat ek weet is dat dit met die rouste eerlikheid geskryf is.

Dit is so diep…..

Ek het vertel van my eie dogter wat in verslawing na die soveelste selfmoordpoging vir my gevra het: “Ma, gaan ek ooit uit die diep donker gat kom?”  Ek het regtig nie geweet nie.

Kan jy jou indink?  Wanneer jou lewe absoluut hopeloos is en jy net jouslf kan blameer – hoe kan dit beter word, hoe kan jy dit regkry om te bid of hulp te vra?

Richard Rohr, ‘n skrywer wat ek graag lees, skryf in “Falling Upward” dat die moderne mens sukses ag as die perfekte, die foutlose en vir die gelowiges die sondelose – asof ons sonde kan vermy.  Dan wys hy daarop dat dat Jesus se stories dikwels die teendeel beklemtoon het soos die Fasiseer (Die perfekte, korrekte, heilige) en die tollenaar (Erken dat hy vrot van die sonde is)  of die verhaal van die verlore seun.  Die kansvatter wat homself uit sy eie toedoen “down and out” gekry het word met ope arms ontvang teenoor die “korrekte” ouer broer wat hardwerkend en bedagsaam was maar sy hart verhard het en sy jonger broer veroordeel het.

14717106_1809665145956391_3502796773773432072_n

Ek het gehoor van ‘n groep predikante van ‘n kleinerige dorpie wat een maal per maand saam koffie gedrink het.  By een so geleentheid wonder een ou:  “Ek wonder as Jesus Sondag ons dorp sou besoek waar hy sou kerk toe gaan.”  Almal het natuurlik hulle idees gehad oor hul eie kerke maar een man het verseker geweet.  “Waar?”  vra die res verbaas.  “Hy sal nie in enige van die kerke wees nie.  Hy sal by die haweloses, prostitute, junkies, oumense en kinders wat swaarkry wees.  Heel moontlik in daardie gevaarlike dele van ons dorp waar ons nooit kom nie.”

Die rap-song wat die meisie geskryf het is hier en daar gegeur met vloekwoorde maar dit pla my nie, dit is deels vir my ‘n aanduiding van haar eerlikheid met haarself en met haar god.  As jy nie van vloekwoorde hou nie moet asb nie verder lees nie.  Haar woorde het my diep geraak, sy het haar lewe omgedraai waar sy eers die lewe wou “quit” sê sy aan die einde dat sy nie meer die lewe wil “quit” nie maar eerder die gebruik van dwelms.  As jy kans sien lees dit – dalk spreek dit tot jou ook.

That’s Deep

(By Chantelle Costello 19 yrs old when she wrote it)

A needle in my arm, the thoughts in my head
What’s it matter anyways? By the morning, I’ll be dead
It’ll all end quick, why not do it right now?
Yeah, I’m dealing with some shit, I just don’t know how

And my friend’s got the powder*, so I hook him up with pills
And his friends got the rocks~, so we’re hookin’ up some deals
One thing leads to another, now I’m here
In a place between death, and a place called fear
I’ve never been so low in my life
I was ‘bout to be a mother, I was ‘bout to be a wife
Now my only fuckin’ friend is the poison in my hand
And the gun under the bed to bring it all to an end
And I’m prayin’ to the Lord in the sky
But it doesn’t mean shit, cause all my prayers are a lie
How can I sit here askin’ God for his help?
When I’m the sorry fuckin’ bitch that put myself here in hell

[Hook]
Now that’s deep, but it ain’t deep enough to make me quit
I’m on my last life, but I ain’t gonna trip
Cause when I die I know that everyone will just forget
So if I fuckin’ put one in me, it’ll help this shit
The pain is too much, and I can’t even take no more
Cause I can hear somebody knockin’, death’s at the door
One more hit, one more high, one more feel
And this shit will all be over with this shit that’s made to kill

[Verse 2]
I feel the sting through my veins, feel the pain
And I know I can’t complain cause I’m the only one to blame
It’s such a rush when my heart skips a beat
I can feel it from my head down until it hits my feet
And then I hit the floor, still begging more
And I’ll do it everyday until I’m knockin’ on Heaven’s door
So many demons, and I need an angel now
Cause I’m starting to let go, and it’s gonna drag me down
My family cries, but it doesn’t seem to phase me
I laugh in death’s face hopin’ that it comes and takes me
A fallen angel, and I’ll never be the same again
As long as I get high, then I will never be ashamed again
I wonder what it’s like to really feel pain
So the next time I slide the razor deeper in my vein
The noise fades, everything goes black
In the end there’s nobody, and there’s no coming back

[Hook]

[Verse 3]
I feel the pain in my lungs, I can breathe
And for once in my life I am happy, and I’m free
Everybody said, “You’re never gonna make it.”
But once I saw my chance, man, I knew I had to take it
So I prayed to the Lord in the sky
For another day of love, and another day of life
I’m seeing shit that I’d never seen before
Like the beauty in the world, and now I love it even more
I made amends to the people in my past
Now I take things slow, never move too fast
Cause when my heart stopped, I got a new life
Now I get to see my kids, and I get to be a wife
Lost it all, cause of one little voice

In the back of my head, and I made a stupid

14568168_1808615589394680_8659504124319932353_n

choice
I was an addict, but I’ll never go back
To the things that I did that made me fall into the black

Cause that’s deep
Deep enough to make you wanna just forget
I was on my last life, and didn’t give a shit
But when I died I saw God, and I just couldn’t quit
So if I fuckin’ put one in me it could ruin this
The pain is too much, and I ain’t gonna take no more
Cause I can hear somebody knockin’, death’s at the door
And one more hit, one more high, one more feel
And my life could all be over with that shit that’s made to kill.

*Kokaine

~Heroine voordat dit gekook word om in te spuit.

Om te laat vaar wat ek nie kan verander nie.

Een van die grootste lesse wat ek in “recovery” moes leer was om goed wat ek nie kan beheer nie uit te los.  Nie my energie te mors nie. Nie my kop teen ‘n muur te stamp nie.  Die twaalfde stap praat daarvan dat ons dit wat ons in recovery leer ook in die res van ons lewens toepas:  “Practice these principles in all my affairs.”

dscn2479

Ai ek het ‘n groot probleem met swak diens en ‘n erger probleem met die betalende kliënte wat dit sommer so sluk!

Toe my dogter 9 jaar oud was staan ons in Checkers en wag vir die bestuurder.  Ek het ‘n item gekoop en die prys scan anders by die till as wat dit op die rak lees.  Ek was nog nooit so ryk dat ek nie die pryse hoef te lees nie.  Ek voel dit is onaanvaarbaar en ‘n oortreding van die BTW wet.  Die kassiere sê ek moet die manager sien – ander sal daardeur afgesit word – nie hulle tyd so mors nie – maar nie ek nie, wat reg is is reg.  Ons wag, alweer. (Dit is nie die eerste keer wat dit gebeur nie en menige manager se taktiek – as mens moeilike mense laat wag loop hulle dalk eerder.)  My dogter vra opreg verbaas: “Ma, hoekom koop ander mense hulle goed en gaan dan maar ons het altyd moeilikheid?”  Net daar het ek geweet, ek is nie iemand wat by Checkers kan koop nie.  Hulle lewer die blaadjie met die uitlokkende specials in jou posbus af maar dit gaan tien teen een uit voorraad wees, (Het dikwels op dag een vd special opgedaag om te hoor daar is nie voorraad van daardie item nie), vrot wees, (Ek het eendag salm gesoek en 14 boksies salm wat al groen geword het in die yskas gekry!  Het gevra vir die gevriesdeprodukbestuurder maar was geignoreer en het al die vrot salm uit die yskas gegooi op die vloer – quite a scene – gelukkig was my dogter nie by nie!) nie reg geprys wees nie of so iets.  Daardie afslag is net te duur vir my sielevrede.  So nou koop ek nie meer by Checkers nie.

Ek het ook ‘n lang afdraande pad met Mug’nBean gehad.  Ek het ‘n hele paar vriende wat graag daar eet of koffie drink maar my eie ervaring sover:

  1. Toast op witbrood as ek gevra het vir volgraan (Twee keer)
  2. Meer as 25 minute wag vir ontbyt. (3 keer)
  3. Koue eiers met warm breakfast
  4. Toe ek die koue eiers terugstuur kry ek een rou eier en een gaar een
  5. Koue melk as ek vir warm melk vra (Ek het ophou tel – ek weet nie hoekom hulle vra nie!)
  6. Ek bestel French Toast wat vlgs hulle eie menu met esdoornstroop (Maple Syrup) bedien word maar hulle besit nie esdoornstroop nie. En die manager stry met my dat gouestroop met esdoorn geur dieselfde as esdoornstroop is.
  7. Elke dis op die menu is 30 – 40% duurder as dieselfde dis by Wimpy – mens kan seker goeie kos en attention to detail verwag of wat dink ek nou!?
  8. Die laaste strooi – klipharde sampioene

dsc_0204

Kyk ek leer stadig en lyk my meestal slegs deur herhaling maar ek leer darem.  Hoe kry mens ‘n sampioen wat soos ‘n sponsie is hard?  Jy moet regtig hard probeer of die goed moes horingoud gewees het.  Die ontbyt kos R70-00, ek gaan nie soveel betaal vir iets wat oneetbaar is nie.  Daar was net 4 tafels besig in die restaurant – kan dit die kok se beste poging wees? Hoekom moet ek aangestaaar word as die moeilike persoon / onbillike kliënt?  Nee ek het nie gegil of geskreeu nie – kalm gevra vir die bestuurder en verneem hoekom die sampioene kraak as ek dit sny.

Hoekom kan mense nie net die werk doen waarvoor hulle betaal word nie?

Hoekom gaan ek so baie kere terug as die diens en kwaliteit waarvoor ek betaal vir my belangrik is?  Is ek ‘n aartsoptimis?  Meeste mense stamp hulle koppe een of twee maal – ek so 7 of 8 keer net om dubbel seker te maak!

Dit is tyd – ek moet aanvaar dat ek nie by Mug’nBean kan eet nie.

Dit kos te veel van my saligheid.